Beskrywing van die kursus
Hierdie kursus behandel verskillende taal konsepte vanuit die KABV kurrikulum. Die kursus bevat visuele verduidelikkings en interaktiewe oefeninge wat handel oor verskeie taal onderwerpe wat deur die loop van die jaar aangeleer word. Hierdie kursus sal jou kind help om Afrikaanse taal konsepte vinnig onder die knie te kry.
Doel van die kursus
Hierdie kursus be-oog om jou leerder se Afrikaanse vaardighede te verbeter en ‘n soliede fondament van Afrikaans te bou. Elke les is visueel en verduidelik konsepte op so ‘n manier dat jou kind dit maklik kan verstaan en korrek toepas. Jou kind word betrek met die leermateriaal op meer as een vlak en sal dit geniet om die konsepte te bemeester.
Leeruitkomste
Die kursus behandel die volgende onderwerpe:
- Alfabetiese rangskikking
- Leestekens en skryftekens
- Selfstandige naamwoorde
- Byvoeglike naamwoorde
- Werkwoorde en hulpwerkwoorde
- Lidwoorde
- Woorde met v/f en d/t
- Sinsoorte
- Idiome
- Direkte en indirekte rede
- Nuutskeppings
- Samestellings en afleidings
- Ontkenning
- Homonieme en homofone
- Enkelvoudige sinne
- Woordvorming
- Voornaamwoorde (Besitlik, persoonlik, vraend, onpersoonlik)
- Tydsvorme
- Afkortings en akronieme
- Lydende en bedrywende vorm
- Bywoorde
Course Features
- Lectures 28
- Quizzes 4
- Duration Lifetime access
- Skill level All levels
- Language Afrikaans
- Students 98
- Assessments Yes