Beskrywing van die kursus
Hierdie kursus behandel verskillende Wiskundige konsepte vanuit die KABV kurrikulum. Die kursus bevat visuele verduidelikkings en interaktiewe oefeninge wat handel oor verskeie konsepte wat deur die loop van die jaar aangeleer word. Wiskundige konsepte word deur middel van die steierwerk metode aangeleer. Leerders word konsepte stap-vir-stap verduidelik sodat hulle elke konsep teen volle verstaan voordat hulle aanbeweeg na die volgende konsep. Dit is uiters belangrik om ‘n goeie fondasie in Wiskunde te bou.
Doel van die kursus.
Hierdie kursus be-oog om die leerder se Wiskunde vaardighede te verbeter en ‘n soliede fondament van Wiskunde te bou. Elke les is visueel en verduidelik konsepte op so ‘n manier dat jou kind dit maklik kan verstaan en korrek toepas. Jou kind word betrek met die leermateriaal op meer as een vlak en sal dit geniet om die konsepte te bemeester. Ons aanlyn hulpmiddels kan ook dien as intervensie vir die leerders wat ekstra hulp benodig.
Leeruitkomstes:
Hierdie kursus behandel die volgende onderwerpe:
- Heelgetalle (6-syfer) – tel, ordening, vergelyk en stel heelgetalle voor
- Waarde, plekwaarde en uitgebreide notasie
- Rond af tot die naaste 10, 100 en 1000
- Getalsinne
- Plus en minus
- Numeriese patrone
- Desimale breuke
- Plekwaarde
- Afronding
- Uitgebreide notasie
- Herlei gewone breuke na desimale
- Plus en minus
- Maal en deel
Ons laai gereeld nuwe materiaal op. Onthou om die kort vas-vra aan die einde van sekere onderwerpe te voltooi.
Course Features
- Lectures 15
- Quizzes 3
- Duration Lifetime access
- Skill level All levels
- Language Afrikaans
- Students 65
- Assessments Yes
Curriculum
- 2 Sections
- 15 Lessons
- Lifetime
- Heelgetalle8
- 2.1Afronding tot die naaste 10, 100 en 1000
- 2.2Afronding tot die naaste 10, 100 en 1 0002 Minutes5 Questions
- 2.3Waarde, plekwaarde, plus en minus
- 2.4Heelgetalle (6-syfer getalle)
- 2.5Heelgetalle (6-syfer getalle)2 Minutes4 Questions
- 2.6Getalpatrone8 Minutes
- 2.7Getalsinne8 Minutes
- 2.8Getalsinne10 Minutes10 Questions
- Desimale breuke10
- 3.0Hersien Breuke7 Minutes
- 3.1Desimale breuke – Plekwaarde7 Minutes
- 3.2Desimale breuke – afronding4 Minutes
- 3.3Desimale breuke – uitgebreide notasie7 Minutes
- 3.4Converting fractions to decimals song3 Minutes
- 3.5Herlei gewone breuke na desimale breuke (Deel 1)6 Minutes
- 3.6Herlei gewone breuke na desimale breuke (Deel 2)4 Minutes
- 3.7Desimale breuke – optel en aftrek7 Minutes
- 3.8Desimale breuke – vermenigvuldiging4 Minutes
- 3.9Desimale breuke – Deling5 Minutes